Werner Karl Heisenberg | |
Heisenberg in 1933
| |
Gebore | 5 Desember 1901 |
---|---|
Oorlede | 1 Februarie 1976 |
Werner Karl Heisenberg (/ˈhaɪzənbɜːrɡ/;[1] Duitse uitspraking: [ˈvɛɐ̯nɐ ˈhaɪzn̩ˌbɛɐ̯k] (5 Desember 1901 – 1 Februarie 1976) [2] was 'n Duitse teoretiese fisikus en een van die sleutelpioniers van kwantummeganika wat 'n aantal fundamentele resultate op die gebied van kwantumteorie ontwikkel het en die Nobelprys vir Fisika vir sy werk gewen het.
Hy het sy werk in 1925 in 'n deurbraakartikel gepubliseer. In die daaropvolgende reeks referate met Max Born en Pascual Jordan, gedurende dieselfde jaar, is hierdie matriksformulering van kwantummeganika aansienlik uitgebrei. Hy is bekend vir die onsekerheidsbeginsel, wat hy in 1927 gepubliseer het. Heisenberg is in 1932 met die Nobelprys in Fisika bekroon "vir die skepping van kwantummeganika".
Heisenberg het ook belangrike bydraes gelewer tot die teorieë oor die hidrodinamika van onstuimige strome, die atoomkern, ferromagnetisme, kosmiese strale en subatomiese deeltjies. Hy was 'n hoofwetenskaplike in die Duitse kernwapenprogram tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy was ook instrumenteel in die beplanning van die eerste Wes-Duitse kernreaktor by Karlsruhe, saam met 'n navorsingsreaktor in München, in 1957.